top of page

B ondige gemeente geskiedenis

Die Gereformeerde kerk Buffeldoorns is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt op die Wes-Randse dorp Fochville, maar dit sluit ook onder meer Oos-Driefontein, Deelkraal en Elandsrand in.

f644af3f-2138-47a5-b8fe-17b323b01273.JPG

Die plaas Buffeldoorns is sowat 20 km wes van Fochville geleë. Die eienaar van dié plaas ten tyde van die stigting van die Gereformeerde Kerk Buffeldoorns was P.J.W. Schutte, hy was ’n kerkleier en het hom as Volksraadslid van 1850 tot 1873 onderskei.

 

Hy is op 29 November 1805 in die distrik Uitenhage gebore en het hom omstreeks 1849 op Buffeldoorns kom vestig. Nadat hy van die Kaap na Durban gevaar het, het Ds. Dirk Postma, die stigter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, op Saterdag 7 November 1858 op Schutte se plaas aangekom. Op Sondag 8 November is die tweede Dopperpreek noord van die Vaalrivier in die opstal op Buffeldoorns gelewer, drie maande en drie dae voor die Kerk se stigting.

Nadat die Kerk op 11 Februarie 1859 op Rustenburg gestig is, het die wyk Mooirivier met 35  lidmate tot stand gekom met Schutte as ouderling en P.A. Venter as diaken. Toe ds. Postma die Gereformeerde kerk Potchefstroom op 17 April 1863 stig, het Mooirivier ’n wyk van dié gemeente geword, hoewel die Almanak van die GKSA Potchefstroom se stigting aangee as 1859 en latere navorsing daarop dui 12 Februarie 1859 is wel dié gemeente se stigtingsdatum danksy die aanwysing van die eerste ouderling en diaken.

 

Amper 90 jaar later en wel in 1949 het Buffeldoorns van Potchefstroom afgestig met ’n lidmaattal van 174. Die eerste erediens van die nuwe gemeente is gebou in ’n plaasskooltjie, wat in onbruik verval het. Dit is dan ook later weens bouvalligheid gesloop. Namate die goudmyne in dié omgewing ontwikkel het, het die groeipunte ook gewissel. Nadat die myndorp Carletonville enkele kilometer wes van Fochville ontstaan het, is die Gereformeerde kerk Carletonville op 16 Mei 1953 gestig. Buffeldoorns het daarna te min lidmate oorgehad om sinvol op sy eie te bestaan en is in 1957 ontbind toe die lidmate by omliggende gemeentes ingeskakel het.

 

 

Op 19 Oktober 1959 het die Gereformeerde kerk Carletonville-Oos afgestig. Kort hierna het talle sinkgate in die omgewing begin inval sodat mense weggetrek en die gemeente se lidmaattal so skerp afgeneem het dat Carletonville-Oos moes ontbind. Destyds het Fochville die groei getoon wat eers van Carletonville verwag is. Nadat Carletonville-Oos ontbind het, het die ou naam Buffeldoorns herleef met die stigting van nog ’n gemeente met dié naam en wel op Fochville op 14 Maart 1974Ds. N.G. Laubscher was die gemeente se predikant van 1977 tot 2006. Onder sy leiding het die gemeente met ywer aan die werk gespring om ’n kerkgebou op te rig wat eindelik op 25 en 26 November 1978 in gebruik geneem is nadat ds. Laubscher die hoeksteen op 1 Julie daardie jaar gelê het. Die kerkraad het as eienaarbouer opgetree en die gebou se ontwerp is met ’n merieteprys bekroon.

Tweede Stiging (Herstigting)

Eerste Stiging 

Predikante verbonde aan ons gemeente

SCR-20240620-gqmr.jpeg

Ds. Erasmus Venter 

2015 - 2021 - Hulpdiens by Gerf. kerk Potch-Oos

(Hulp met evangelisasie na buite en die jeug) 

2022 - 2024 - Gerf. Kerk Okahandja, Namibië 

2024 - hede - Gerf. Kerk Buffeldoorns 

SCR-20240620-gcjn.jpeg

Ds. Rynhardt Pretorius 

2013 - 2019 - Gerf. Kerk Buffeldoorns

2020 - Volg die beroep op na GK Benoni

IMG_6221_edited.jpg

Ds. Nico Laubscher

1967 - 1973 - Gerf. Kerk Nigel

1973 -  Gerf. Kerk Bethlehem  

1977 - 2006 - Gerf. Kerk Buffeldoorns 

2006 - Ds. Nico Laubscher emeriteer 

SCR-20240620-gfvj.png

Ds. Jaco Lemmer 

2018 - 2019 - Hulpdiens by GK Sannieshof 

2019 - 2024 - Gerf. Kerk Buffeldoorns 

2024 - Volg die beroep op na die GK Cachet

SCR-20240620-fxqv.png

Prof. Francois Muller 

1995 - 1999 - Gerf. Kerk Komatipoort 

1999 - 2006 - Gerf. Kerk Uitschot

2006 - 2012 - Gerf. Kerk Buffeldoorns 

2012 - Prof. aan die Teologiese Skool Potchefstroom

bottom of page